André en Lydia, baie dankie vir die professionele manier hoe julle die verkoop van ons huis hanteer het.
Julle het ons behoeftes in ag geneem vir die bring van belangstellende kopers, sodat dit ons die minste ontwrig het. Julle was altyd beskikbaar vir enige navrae en het ons altyd op hoogte gehou van vordering.
Ons het julle advies en bystand waardeer deur die hele koop- en verkoopsproses.
Team Lydia en André se spanwerk het goed bygedra tot die positiewe ervaring wat ons gehad het.
Weereens baie dankie,
Sugnet